Nuwe sentrum skrop nes in historiese huisie PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 20 May 2019 10:00
Untitled Document

‘n Nuwe Cullinan Toerisme Inligtingsentrum het op 12 April op die hoek van Hotelstraat en Oaklaan oopgemaak. Dié sentrum in een van die dorp se historiese huisies is gestig sodat besoekers meer oor die dorp se vele toerisme-aantreklikhede kan uitvind.


Die historiese huisie wat ‘n tuiste aan die nuwe toerismesentrum bied

Volgens die Diamant Kamer van Koophandel bied die sentrum inligting oor restourante, kuierplekke, koffie-drinkplekke, verblyf, bederfplekke, aktiwiteite, trouplekke en avonture. Ondernemings in die omgewing word genooi om hulle pamflette en visitekaartjies daar te gaan neersit.

Die projek word deur Spar geborg.

 

© 2019 Die/The Bronberger