Derde knewel sedert Maart gevind PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 20 May 2019 08:00
Untitled Document

Nog ‘n knewel van ‘n diamant is in April by Petra Diamonds se Cullinan-myn gekry. Dié diamant is die vierde steen van groter as 100 karaat wat hierdie jaar gekry is en die derde sedert die begin van Maart.

Op 29 Maart is ‘n 425,10 karaat D-kleur Tipe II edelgesteentegehalte diamant, wat intussen The Legacy gedoop is, by die myn gevind. Vroeër in Maart is ‘n 100.83 karaat diamant gevind.


Die 209,9 karaat steen
Foto: Petra Diamonds

Die nuwe wit diamant van 209,9 karaat is ‘n D-kleur, tipe II edelgesteentegehalte diamant. Die maatskappy se aandeelprys het op 18 April met amper 4% gestyg ná ‘n aankondiging dat dié diamant gevind is.

 

© 2019 Die/The Bronberger