Oproeriges bestook voertuie met klippe PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 20 May 2019 10:00
Untitled Document

Motoriste het deurgeloop toe oproeriges voertuie op die Donkerhoek-gedeelte van die Ou Bronkhorstspruitpad (R104) op 30 April met klippe bestook het.

Offisiere van die Boschkopse Polisiestasie en die Tshwane Metropolisie het die pad gesluit, maar die oortreders het oorgeloop na die Donkerhoek-weegbrug op die N4-snelweg.


Die polisie op die toneel by die betoging
Foto’s: Verskaf

Gemeenskapspolisiëringsforums het inwoners aanvanklik gewaarsku om nie die Ou Bronkhorstspruitpad te gebruik nie en eerder die snelweg te gebruik.

Die oproeriges het voertuie op die snelweg daarna met klippe vanaf die Donkerhoekbrug gegooi. Die groep was tot donkernag bedrywig en klippe is ook op die snelweg gepak.


Die plek waar die betoging gehou is

Die Boschkopse Gemeenskapspolisiëringsforum het inwoners weer gewaarsku dat daar op Maandag 6 Mei optredes op dieselfde plek op die Ou Bronkhorstspruitpad en N4-snelweg beplan is. Die SAPD en Metropolisie was op gereedheidsgrondslag.

 

© 2019 Die/The Bronberger