Gevalle van dodelike varkgriep bevestig PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 20 May 2019 10:00
Untitled Document

Varkgriep het einde April onder varke in die Delmas-omgewing uitgebreek. Die uitbraak is deur die nasionale Departement van Gesondheid bevestig en die SA Polisiedienste se veediefstaleenhede en staatsveeartse staan die Departement van Landbou by met inspeksies in dié gebied.

Daar is geen entstof teen dié hoogs aansteeklike siekte nie. Simptome strek van koors, aptytsgebrek, gebrek aan energie, braking, diarree, opgeswelde rooi oë, rooi vel rondom die ore en snoet, moeilike asemhaling en hoes.


Varkgriep het uitgebreek

Boere mag geen varke verkoop of vervoer tot dié siekte onder beheer gebring is nie. Boere word versoek om nie ongekookte kosafval vir hulle varke te voer nie en om niemand naby hulle varkhokke toe te laat nie.

Mense kan varkgriep aansteek, alhoewel dit selde gebeur. Daar is ‘n hoër risiko dat werkers, wat gereelde kontak met varke het, die siekte kan kry.

 

© 2019 Die/The Bronberger