Die Gautengse Provinsie het die Suid-Afrikaanse Moderne Vyfkamp op 3 en 4 Mei by Zwavelpoort Equestrian Centre, Curro Hazeldean en die Gautengse Skerm Federasie aangebied.
Moderne Vyfkamp is ‘n Olimpiese sportsoort wat bestaan uit vrystyl swem, skerm, skouspring en ‘n gekombineerde item wat laser-pistoolskiet en landloop insluit.

Die skerm-afdeling
Die laser-pistoolskiet en landloop is ook as ‘n losstaande Suid-Afrikaanse Kampioenskap gehou.
Graham Burnett, ‘n lid van die reëlingskomitee, het gesê dat Suid-Afrika se top atlete hier deelgeneem het en dat die standaard baie hoog was. Presteerders het in aanmerking gekom om die nasionale span by die laser-pistoolskiet en landloop kampioenskappe wat in September in Hongarye gehou gaan word, te verteenwoordig.

Die ruiters staan gereed by Zwavelpoort Equestrian Centre
Foto’s: Gauteng Modern Pentathlon Association
Die manlike vyfkamp-atleet van die jaar was Johan van der Berg. Hy het ook die manlike ruiter-afdeling en die skerm-afdeling van die kompetisie gewen.
Megan Loots was die beste vroulike ruiter van die kompetisie. Berndt Burger het die laser-pistoolskiet en landloop-afdeling gewen en Dylan Kruger het die senior laser-pistoolskiet en landloop-afdeling gewen. |