Shere egpaar aangeval PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 22 June 2009 15:53
Untitled Document

’n Egpaar van Shere is op 28 Mei in hul huis oorval en beroof. Die 74-jaar oue Gert Delport en sy vrou het 8 nm ’n geluid buite die huis gehoor en Gert is uit om te gaan ondersoek instel. Hy is deur vier gewapende mans oorval.

Volgens polisiewoordvoerder, sersant Marinda Stoltz, is die aanvallers saam met Gert in die huis in waar hulle hom en sy vrou vasgebind het. Die egpaar is aangerand, maar is net lig beseer.

Die boewe het die huis geplunder, die kluissleutel gekry en agt vuurwapens gebuit. Hulle het ook elektriese toestelle gesteel en daarmee in die Delports se silwer Volvo gevlug.

Die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof en motordiefstal.

 

© 2019 Die/The Bronberger