Oorspronklike proteafees blom steeds PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 20 May 2019 08:00
Untitled Document

Die oorspronklike Protea Cullifest het vanjaar sy 19de bestaansjaar gevier. Die fees is op 27 en
28 April by die NG Kerk Premiermyn-feesterrein in Cullinan gehou.


Daar is lekker gekuier

Daar was vlooimark-kraampies te kies en te keur

Kunstenaars het gestrek van Bok van Blerk, Quentin Prinsloo, Jennifer Zamudio, Caroline Grace en Fatman tot Willie Pretorius, Chris Coetzer, Onbeskaamd, Touch of Class, Adam en Jay.


Fransie Hancke by die proteas
Foto: Verskaf

Daar was ‘n pretpark waar kinders baljaar het terwyl hulle ouers kon kuier in die groot bier- en wyntent.


Die ponie-pretritte

Kinders het die stampkarretjies geniet

Met meer as 110 uitstallers was daar van boeretroos tot springmielies en spookasem, van handgemaakte artikels tot die allermooiste huisgoed, van liplek-lekker kontreikos tot bosse plaaslik verboude proteas, wat teen die Sondagoggend reeds uitverkoop is.


‘n Deel van die skare voor die verhoog

Een van die meer besadigde pretritte
 

© 2019 Die/The Bronberger