Digger die kat sal gemis word PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 20 May 2019 08:00
Untitled Document

Winkeleienaars van Cullinan se Oaklaan het op 25 April ‘n hartseer afskeid geneem van Digger, die straatkat wat deur die gemeenskap aangeneem is. ‘n Mens kan maar sê dat dié kat ‘hondmak’ was.


Thiana Labuschagne saam met Digger in 2015 in ‘n Oaklaan-winkeltuin

Vreemd vir ‘n kat, was hy mal oor kinders.


Digger was selfs vir babas ‘n vriend

Digger was vir jare ‘n geliefde deel van Oaklaan, waar hy deur restourante gevoer is en almal na hom omgesien het. Marie Ziervogel van Lemon Tree restourant het gesê dat hulle hom die Donderdagoggend dood gevind het. Niemand weet wat gebeur het nie. Marie sê dat Digger ouer as 20 jaar was.

 

 

 

 

 

 

 

© 2019 Die/The Bronberger