Applous vir outistiese musikant Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 22 June 2009 17:50
Untitled Document

Musikant Dawie Foord het Mampoerfees-besoekers se hartsnare geroer. Dawie is outisties, het slegs twintig persent sig en sy gesig se senuweestelsel is verlam.

Hy is liggaamlik gestrem, het sy een been verloor, en sy een hand is kleiner as die ander, maar hy maak musiek dat die biesies bewe. Hy het Saterdag 30 Mei as lid van ATKV Centurion se Sangers en Musiekforum by die Willem Prinsloo Landboumuseum se Mampoerfees opgetree.

Dawie het geen musiekopleiding nie maar bespeel die baskitaar, klavier, tromme, klawerbord, konsertina, melodika en trekklavier met die grootste gemak, grasie en nootkorrektheid.


Dawie Foord bespeel die klawerbord met sangers Tiaan en Clive Bruce wat toekyk
Foto: ATKV

 

© 2020 Die/The Bronberger