Plesier of pes? PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 20 May 2019 08:00
Untitled Document

Angelique Flynn van Wapadrand skryf:
Hierdie is nie ’n klagte nie, maar sien dit asseblief as ’n natuurliefhebber wat raadop is en wil vra wat om te doen.

Wapadrand is een van Pretoria-Oos se mees onaangeraakte, boomryke woongebiede. Van kiepersolbome tot wildevygies: Inwoners het die mooiste tuine teen die Bronberg. Muskeljaatkatte,nagapies en gebande muishonde kom loer gereeld in om hallo te sê. Dassies . . . ook! Die oulike groot marmotte met hulle ongewone, oorweldigend harde roepe het baie vinnig ’n probleem geword. Hulle verwoes tuine en klim tot in potplante om koemkwatboompies kaal te stroop.

Behalwe dat hulle plante en tuine vermorsel, dra hulle ook vreeslik baie vlooie. Katte en honde is vol vlooie en nie die duur veeartsmedikasie of boererate help daarvoor nie. 

’n Mens wil nie begin lokvalle uitsit nie, maar wat anders moet ’n mens doen en sou jy een vang, waar dan heen met die arme dier wat nou ’n plaag geraak het?

Hulle is regtig nie ’n plesier nie. Hulle het nie ’n plaag geraak deur mense wat hulle voer nie, maar hulle het self agtergekom dat hulle die tuine se plante veel eerder verkies as die bergplante waaraan hulle nog altyd gewoond was.

 

© 2019 Die/The Bronberger