Dit is volbring PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 20 May 2019 08:00
Untitled Document

Daleen Reiners van Bashewa skryf:
Sit ek so en kyk hoe die blare verkleur en afval. Met Pase wat ons nou gevier het, tref dit my dat daar ’n verband is tussen Paasfees en die natuur.

Jesus het hier op aarde wonderwerke gedoen. Hy het mense laat groei en Sy evangelie het vreugde gebring vir Sy volgelinge. Ná Sy werk voltooi was het Hy, kaal gestroop van alles, aan die kruis gesterf.

Aan die kruis het Hy gesê: Dit is volbring.

So is die natuur ook. Alles het gegroei en gebloei. Nou gaan alles in rus in en: Dit is volbring. Dan kom die volgende seisoen en weer begin alles lewe net soos ons ook eendag ’n wonderlike lewe sal hê.

 

© 2019 Die/The Bronberger