Die nie-Russiese Bronberger PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 20 May 2019 08:00
Untitled Document

Buks Barnard van Nooitgedacht skryf:
Die ou wat vermetel genoeg is om te teem oor Die Bronberger ‘n Afrikaanse tydskrif is, het my nou aan die dink gesit:

Die totale Russiese inhoud van Die Bronberger is nul – ek het dit self getel. Julle moet die naam van julle tydskrif verander na “Die nie-Russiese Bronberger”.

Gee my (nie asseblief nie) die kontakbesonderhede van al die skrywers vir minstens drie jaar, al staan die name lewensgroot by die artikels en al is die kontakbesonderhede duidelik op bladsy vier by ‘Redaksie’.

Ek het ‘n vriend in Rusland en ek wil die artikels vir hom stuur – het julle die artikels in Russies?

 

© 2019 Die/The Bronberger