Aangenaam verras PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 20 May 2019 08:00
Untitled Document

Alwyn P Smit van Kaap Agulhas skryf:
‘Oom Paul se buurman was ook ‘n president’ in Die Bronberger se Maart 2018 uitgawe: Ek was aangenaam verras deur die stukkie geskiedenis aangaande president Gerrit Jacobus van Niekerk in Die Bronberger!

Die foto waarop my ouma, Martha Maria van Niekerk, verskyn is ook ‘n nuutjie vir my. Sy is op die plaas Niekerksrust met my oupa Matthys Johan de Jager getroud. Die kerkie (nou ‘n plaasstoor) staan steeds en die gehawende begraafplasie van klip waarin GJ van Niekerk se vader begrawe is, is steeds daar.

Sy grafsteen is nie deur vandale verniel nie en dit is eintlik baie jammer dat die vierkantige begraafplaas nie toegespan en as ‘n historiese plek bewaar kan word nie.

Die skets van die huis waarin GJ van Niekerk langs Paul Kruger gewoon het was ook ‘n verrassing. Ek het sowat 15 jaar gelede self tevergeefs na die woning gaan soek! Ek is die agterkleinseun van GJ van Niekerk.

 

© 2019 Die/The Bronberger