Ver in die wêreld, Teddie PDF Print E-mail
News - Artikels
Tuesday, 23 April 2019 13:06
Untitled Document

‘n Teddiebeer wat deur ‘n graad twee klas in Mantorp, Swede om die wêreld gestuur is, het ‘n draai in Cullinan gemaak.

Die kinders het dié beertjie, genaamd Coca-cola, in September verlede jaar die wye wêreld uitgestuur as ‘n klasprojek wat moes bepaal hoe ver hy sou toer. Aan sy nek is instruksies vasgemaak en e-pos adresse wat aanhoudend opgedateer moes word.


Coca-cola voor die sneeupieke by Matrei in osttirol, Oostenryk

Coca-cola sit en wag by die vulstasie in Mantorp, Swede

Jenny Lindén van die onderwysdepartement van Mjölby-munisipaliteit in Swede het aan Die Bronberger vertel dat die beertjie se wêreldtoer afgeskop het toe hy by ’n vulstasie in Mantorp neergesit is. Hy is gou opgetel en het vir ’n paar maande in Swede rondgetoer. Daarna het hy by ’n gesin aangesluit en saam met hulle na Rostock in Duitsland getoer. Die reis met dié gesin het hom later ook deur die Tsjeggiese Republiek en Oostenryk geneem.


Coca-cola op die lughawe by Stockholm, Swede

Coca-cola is op die München-lughawe gevind en het van daar af na Johannesburg gevlieg. In Suid-Afrika het hy tyd in Durban spandeer. ‘n Passasier op ‘n Durban-vlug het Coca-cola op 13 Maart aan Danie Booysen gegee.


Coca-cola op sy sitplek op ‘n SA Lugdiens-vlug

Danie Booysen met die teddie in die vliegtuig-kombuis

Danie het die beertjie dieselfde dag nog Cullinan toe gebring, waar hy saam met sy vennoot,
JB Becker, die Village Tasting Room by Cullinan Junction bedryf. Danie het Coca-cola op ‘n Frankfort-vlug gesit waar hy aan Lufthansa-kollegas oorhandig is. Coca-cola het op 17 Maart in Frankfort geland.


Die teddiebeer, genaamd Coca-cola, op ‘n bankie langs die spoorlyn by Cullinanstasie
Foto’s: Verskaf

Teen die Bronnie se saktyd het Jenny Lindén gesê dat Coca-cola steeds in Europa toer. Hulle hoop dat hy voor die einde van April sy pad terug na Swede en hulle skool sal vind.

 

© 2019 Die/The Bronberger