Het jy gehoor? / Have you heard? - Apr2019 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 23 April 2019 15:00
Untitled Document


Laerskool Witpoort is vanjaar 115 jaar oud en vier op 11 Mei van 2 nm tot 10 nm fees. Appel gaan
7 nm optree. Daar gaan ‘n verskeidenheid kraampies wees asook speletjies vir jonk en oud. Toegang is R200 vir volwassenes en R100 vir hoërskoolleerlinge. Laerskoolleerlinge het gratis toegang. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Fancy Fijnwyn is on 30 April from 4 pm to 9 pm at R390 per adult, which includes the glass and wine tasting as well as a harvest table to feast on throughout the evening. There will be more than 40 wine estates, including Beyerskloof, Louis 57, Boplaas, De Krans as well as wines from boutique estates you will not taste anywhere else. On 1 May it is back to Fijnwyn as you know it from 10 am to 5 pm at R170 entrance for adults and R50 for children between the ages of 12 and 18 years. There will be deli food stalls and food trucks, a Kids Zone and live music in the setting of a pecan nut and almond plantation. Fijnwyn is at Shokran, plot 99, Luiperd Street, Tierpoort. Contact Charmaine at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or 082-335-5659 or prebuy tickets at www.itickets.co.za.

~*~


Die oorspronklike Protea Cullifest vier sy 19de bestaansjaar op 27 en 28 April by die NG Kerk Premiermyn-feesterrein in Zonderwaterweg 12, Cullinan. Waarom die pad na dié juweel van ’n dorpie aanpak? Met meer as 110 uitstallers is daar van boeretroos en bier tot springmielies en spookasem, van handgemaakte artikels tot die allermooiste huisgoed, van liplek-lekker kontreikos tot bosse plaaslik verboude proteas. Daar is ‘n bier- en wyntent, ‘n pretpark vir kinders en groot name in die musiekbedryf tree op, soos Bok van Blerk, Jay, Adam, Fatman, Caroline Grace, en Jennifer Zamudio. Dié Afrikaanse familiefees is ook ’n fondsinsamelingsprojek ten bate van die Christelike Maatskaplike Raad. Kaartjies kos van R30 tot R70. Volg Protea Cullifest Cullinan op Facebook vir nog feesnuus.

~*~


Windpomp se volgende mark is op 27 April van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Dié mark word elke laaste Saterdag van die maand gehou. Besoekers kan uitsien na ‘n verskeidenheid kraampies met eiesoortige ware. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


The Purely Pretoria Autumn Craft Beer Festival is on 1 May from 10 am to 6 pm at Cowhouse Market on the corner of Ridge Road and Oukraal Boulevard, Hazeldean. There will be a trail run in the morning. The following bands will be performing: Tidal Waves; Bianca Blanc; The Barbosa Experience; Vagabond King and Werner Bekker. Breweries include: Agar’s Brewery; Bernie’s Brewery Pretoria; Drayman’s Brewery and Distillery; Frontier Beer Co; Friar’s Habit Craft Brewery; Hazeldean Brewing Co; Just Brewing Co; Leaky Tap Brewery; Legends Brewery; and Stimela Brewing Co. Tickets are for sale on Quicket South Africa. Phone the Hazeldean Brewing Co at 082-880-7305.

~*~


Natuurliefhebbers hou elke laaste Donderdag van die maand ’n bospraatjie waar ’n kundige spreker oor die natuur mense toespreek. Die volgende praatjie is op 25 April om 6.30 nm by Safari Tuinsentrum se lapa, Lynnwoodweg 340, Die Wilgers. Prof Wouter van Hoven praat oor die verskuiwing van olifante per vliegtuig na Angola. Toegang is R30. Stuur vir Rian Swiegers ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel hom by 083-226-6861.

~*~


Die Magnis Proteafees word van 26 tot 28 April by Legends MX op die R515, Rhenosterfontein gehou. Japie van Staden gaan sy proteas uitstal, bekende Afrikaanse sangers te kus en keur gaan optree; daar gaan meer as 300 uitstallers wees en ‘n Mega Pretpark vir die kinders. Besoekers kan ook uitsien na dramavertonings deur bekende akteurs Ben Kruger, Je-Ani Swiegelaar en Germandt Geldenhuys. Vir die avontuurlustiges is daar ‘n vier-by-vier-baan en spoedvrate kan saam met bekwame bestuurders ‘n rit in die Nissan GT-R sportmotor meemaak. Kaartjies kos R70 vir volwassenes, R30 vir kinders en R50 vir pensioentrekkers. Besoek www.proteafees.com. Diegene wat wil uitstal kan plek bespreek by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Cuppa for Cansa is the name of a fundraising event held on Saturday 11 May from 11 am at Cullinan Junction, 4 Hotel Street, Cullinan. Tickets cost R100 and include tea and cake tasting. It is an opportunity to socialise with those you care about during the Mother’s Day weekend and to raise funds for a worthy cause at the same time. Taste a variety of tea from around the world while enjoying cakes baked by the Cullinan community, served in buffet style. Get your tickets at qkt.io/cansa.

~*~


Die Rayton-sosatiefees is op 24 en 25 Mei by die NG Kerk Rayton se gronde. Kuier soos in die ou dae om ‘n kampvuur saam met ‘n gaskunstenaar op 24 Mei. Op Saterdag 25 Mei is daar stap en fietsry, gaskunstenaars, lyndanse, kraampies, ontbyt, sosaties en wors saam met pap en sous, ‘n teetuin met pannekoek en soetgoed asook vermaak vir die kinders. Dit is ’n dag op die platteland wat jy nie wil mis nie. Toegang is gratis. Om aan die fietsry en stap deel te neem, bel Piet of Rita by 071-611-7060 of 071-474-8767. Vir meer inligting, bel Linda by 012-734-4323 of 082-563-0437. 

~*~


Karen Zoid tree van 24 tot 27 April om 8 nm by die Atterbury-teater op. Sy sê die naam ‘Zoid’ beteken iemand wat nie meedoen aan die samelewing se konvensionele verwagtinge nie. Die nuwe liedjies wat sy gaan sing beeld haar lewensbeskouing uit. Kaartjies kos R250. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Lagom Cafe presents Afro Prog Sessions on 27 April from 11 am. These sessions will explore different subcultures of African communities in areas most people take little notice of and create a space for creatives from all walks of life to express their experiences of being free. There will be plenty of craft stalls. Entrance is free. Lagom Café is at Ridge Square On Lynnwood on the corner of Lynnwood Road and Albeth Street. Phone them at 083-281-7284 or 082-346-4042.

~*~


Internasionale Boekedag is op Dinsdag 23 April. Kungwini Welsynsorganisasie (KWO) vra dat mense asseblief moet oorweeg om ‘n kinder-vriendelike boek aan hulle Vroeë Kinderontwikkelingsentrum in Zwavelpoort te skenk. Skakel 087-096-0134. KWO is op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging.

~*~


The next Vegan Food Fair at Klitsgras Drumming Circle is on 12 May from 8 am to 5 pm. There will be pizza, burgers, milkshakes, vinyl, vintage clothing, cosmetics, fresh produce, music, entertainment for children, jewellery, heirloom vegetables, saplings, coffee and baked goods. Entrance is free. The venue is at 62 Leribisi Road, Tierpoort. Phone them at 083-311-0025.

~*~


Diamond X Ranch hou ‘n paartjie-naweek van 24 tot 26 Mei. Neem deel aan tradisionele cowboy-aktiwiteite, soos beeste-aanjaag. Die plaas is in die Rayton-omgewing. Bel Rudan by 082-410-3180 of 066-213-1163.

~*~


‘The Journey’ kom vir die eerste keer Pretoria toe. Dié transformasie-program word van 24 tot
26 Mei by Anja’s Teetuin in Zwavelpoort aangebied. Kaartjies kos R3 400. ‘The Journey’ bied aan mense die kans om ou lewenspatrone te verander en ‘n nuwe bewussyn te ervaar. Dit gee jou ‘n raamwerk om jou eie diepste antwoorde, sentrale waarheid en egte self te ontdek. Anja’s Teetuin is op plot 317, Zwalu Landgoed, Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg). Vir meer inligting skakel 071-898-0494 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


There is a Bryan Adams tribute concert at the Rockwood Theatre on 24 April at 8 pm. With a line-up including Clint Falconer, Dean Barrett, Werner Bosman, Jason Oosthuizen and Henry Grundling as frontman, this killer band line-up will bring all your favourite Bryan Adams songs back to life. The theatre is at the Parkview Shopping Centre on the corner of Garstfontein Road and Netcare Street, Moreletapark. Phone them at 012-368-1555.

~*~


Spoegwolf en Straatligkinders tree op 3 Mei om 8 nm op by Rafters met die bekendstelling van Spoegwolf se nuwe album, ‘Koma’. Spoegwolf bestaan uit Moskou du Toit (tromme, perkussie en sang), Chris von Wielligh (kitaar, klavier), Albert van der Merwe (baskitaar, sang) en Danie du Toit (sang, kitaar). Ses jaar ná hulle laaste album het Straatligkinders verlede jaar ‘n verrassingsalbum uitgebring. Groeplede is Ruan Kruger, Hein Kruger, Benjamin de Jager en Bouwer Bosch. Kaartjies kos R120 by die deur en R100 as jy vooraf koop. Skakel 082-600-3469. Rafters is op die hoek van Blesbok- en Garstfonteinweg, oorkant Mooikloof.

~*~


The very first Barrel Fever event is brought to you by Bacardi Oakheart and OnStage Live Entertainment with Die Horries, The Slashdogs and Joy club cassidy cassidy at Craft Exchange Venue on 27 April at 8 pm. Entrance is R50. The venue is at Hokaai Shopping Centre, on the corner of Selikats Causeway and Graaff Reinet, Faerie Glen. Phone them at 012-991-3261.

 

© 2024 Die/The Bronberger