Hulle hekel vir kanker-fondse PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 23 April 2019 12:53
Untitled Document

Meer as 100 vroue het op 16 Maart van 9 vm tot 3 nm by Anja’s Teetuin in Zwavelpoort gehekel om fondse vir die Kankervereniging van Suid-Afrika in te samel.

Organiseerders Elza-Marie van Lille en Marlene Jordaan het dié fondsinsameling verlede jaar begin en sê dat daar vanjaar baie meer vroue was. Hulle wil jaarliks so ‘n dag hou en sê dat hulle meer as R18 000 aan die Kankervereniging sal kan skenk as dinge volgens plan verloop.


Van die deelnemers by hekelbenodighede
Foto: Verskaf

Karen Adendorff, die skrywer van verskeie hekel-boeke, het die vroue gewys hoe om ‘n beursie te hekel.

Agt kanker-oorlewendes was teenwoordig en baie mense, wat familie of vriende het wat aan kanker ly, het die dag bygewoon.

 

© 2019 Die/The Bronberger