Gemeenskap herdenk polisiestasie se 50 jaar |
|
|
|
News -
Ons Mense
|
Tuesday, 23 April 2019 12:48 |
Untitled Document
Die gemeenskap het die Welbekend-polisiestasie se vyftigjaar-herdenking op 29 Maart met ‘n boereworsbraai gevier.
Die Welbekend Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het planne vir die vieringe by ‘n onlangse landelike beveiligingsvergadering gereël. Die doel was om vir polisiemanne dankie te sê vir hulle volgehoue ondersteuning en bydraes om dié gemeenskap in ‘n veilige en rustige landelike gebied te laat woon.

Tim van Stormbroek, Allard Boessenkool en Matt de Kiewit het help worsbraai vir die vieringe
Foto: Streeknuus
GPF Sektor Twee het die braaigeriewe verskaf en van die boerewors en koeldrank geborg. Hulle het die ander sektore uitgenooi om ook deel te neem.
Die braai, wat 11 uur die oggend begin het, is op die perseel gehou waar die Welbekend-polisiestasie die afgelope 50 jaar gehuisves word. |
|