Gemeenskap groet Folkers PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 23 April 2019 12:47
Untitled Document

Folkers de Lange van Cullinan is ná ‘n lang stryd met kanker op 20 Maart oorlede. Hy is beskryf as ’n man wat diep spore getrap het in die Cullinan- en Rayton-gemeenskap.

Verlede jaar in Desember het hy mense laat weet dat die dokters gesê het hy sal nooit beter word nie.

Hy het gesê dat hy nie opgee nie, maar dat hy ander bewus wil maak van die feit dat hy nie lui is nie – hy is op medikasie en sukkel elke dag met pyn, beweeglikheid en moegheid.


Folkers de Lange

Ten spyte van sy siekte het Folkers, baie keer in erge pyn, voortgegaan om blinders te laat installeer.

Sy vrou, Marietjie, gaan voort met die bedryf van hulle onderneming. Folkers en Marietjie was vyftig jaar lank getroud en was sedert 1994 in die blinderbedryf.

Folkers Johannes De Lange (senior) se herdenkingsdiens was op 27 Maart by die AGS Gemeente Rayton.

 

© 2019 Die/The Bronberger