Toegang na steengroef versper PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 23 April 2019 12:45
Untitled Document

Die pad na die steengroef teen die Bronberg in Zwavelpoort is vroegoggend op 3 April versper.

Dié pad draai langs East Ridge-sentrum uit Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg) uit. Later die dag is die versperrings verwyder en die polisie was op die toneel.


Die versperring
Foto’s: Trix van den Berg

Volgens Trix van den Berg van die plaaslike gemeenskapsveiligheidsgroep is die pad deur plakkers wat daar woon, versper. Dié plakkers moet glo elders hervestig word, maar volgens Trix werk die meeste van hulle vir ‘n baksteen- en plaveiselvervaardiger in die omgewing. Hulle is nie geneë om verder van dié perseel af weg te trek nie.


Die versperring is verwyder en die polisie is op die toneel

 

© 2019 Die/The Bronberger