PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 22 June 2009 15:43
Untitled Document

Nokeng tsa Taemane (Cullinan/ Rayton) se munisipale bestuurder, Mpho Mogale, is vroeër dié maand op verpligte verlof geplaas terwyl verskeie bewerings van ongerymdhede teen hom ondersoek word. Intussen is die verpligte verloftydperk van Kungwini se burgemeester, Obed Malia, en sy munisipale bestuurder, Jo Gomba, ook verleng sodat ’n ouditmaatskappy ’n lang rits aantuigings van korrupsie en ongerymdhede verder kan ondersoek.

Amptenare van Nokeng se munisipaliteit het ’n raadsvergadering ontwrig om ’n lang lys griewe en bewerings van ongerymdhede aan die raad se speaker, Patrick Nkotoe, te oorhandig. Die raad het besluit om Mogale op verpligte verlof te plaas. Die bewerings teen hom het ondermeer te make met die toekenning van tenders.

Bewerings van ongerymdhede in Kungwini se raad en munisipaliteit is al bykans sedert die ontstaan van dié streeksraad aan die orde van die dag. Dit het al tot die aflegging van ’n burgemeester, twee munisipale bestuurders en verskeie amptenare gelei.

Inwoners van Nokeng is geruime tyd al ook ontevrede met hulle burgemeester, Anna Digoro, oor buitensporige uitgawes en die swak dienslewering in die raadsgebied en eis al lank dat sy die trekpas moet kry.

Digoro het ondanks die raad se geldnood groot bedrae uitgegee op meubels, ampsmotors en hotelverblyf. Volgens ’n item in April se raadsvergadering-agenda word bykans R30 000 maandeliks aan motorhuur vir Digoro betaal.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger