Hondjie gevind PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 23 April 2019 12:32
Untitled Document

Edwin Whittle van Moreletapark skryf:
Ek stuur vir julle ‘n foto van ‘n hondjie wat een van my huurders in die Moreletaparkgebied gekry het.

Ek vermoed hy het gedurende swaar weer van sy huis weggevlug, want hy raak baie verbouereerd gedurende stormweer.  Dit is dus moontlik dat sy eienaars elders in Pretoria-Oos woon.


Die hondjie wat gevind is

Hy kom klaarblyklik van ‘n huishouding waarin hy vertroetel is en is baie liefdevol. Hy is ‘n lewendige hondjie wat ‘n goeie maat vir ‘n jong seun sal wees.

Hy het nie ‘n ID-skyfie nie en my berigte op infogroepe het nie vrugte afgewerp nie. Ek is seker dat sy eienaars hom graag wil opspoor. Hulle kan my by 072-125-9551 bel.

Baie dankie en voorspoed met julle taak. Ek is ‘n gereelde  leser van Die Bronberger.

 

© 2019 Die/The Bronberger