Die hoeveelheid besoekers wat daagliks by Die Bronberger se webwerf aandoen,
het alle verwagtinge oortref. Dit is ongekend dat ’n plaaslike gemeenskapspublikasie
soveel virtuele voete in sy voorportaal vind.
Gaan kyk by www.bronberger.co.za en jy sal sien dat ons binne ons eerste
aanlyn jaar meer as 40 000 besoekers gehad het. En moenie glo dat dit
mense is wat net in die voorportaal aankom en dan weer vertrek nie. Die
metertjies by elke brief, rubriek en artikel wys dat dié besoekers lesers is. En
hulle is grootliks Afrikaanse lesers, want ons Engelse artikels word nie naastenby
soveel kere besoek nie.
Ons virtuele gewildheid het ons genoop om die webwerf nie dadelik op te
dateer nie, sodat lesers die jongste uitgawe steeds eers goed in hul hande
kan vashou en ons adverteerders se nuutste aanbiedinge daar kan sien. Dit
is eers nadat lesers goed bekend is met die advertensies, wat ons die redaksie
as argiefmateriaal op die webwerf sit.
Adverteerders wat meer van ’n teenwoordigheid op ons webwerf wil geniet,
kan deel word van ons aanlyn besigheidsgids. In dié gids word besoeke net
aangetoon as die besoeker na die spesifieke onderneming se eie webblad
toe navigeer. Die hoeveelheid kere wat die onderneming se naam en kontakbesonderhede
gelees word, word nie aangedui nie.
Al wat dit jou kos om in ons aanlyn besigheidsgids gelys te word is ’n
aansluitingsfooi van R100 wat jou onderneming se naam en kontakbesonderhede
onder ’n spesifieke afdeling sal laat verskyn. Daar is elke maand ’n
fooi van R50 betaalbaar.
Ons gemeenskapsforum het al meer as 200 lede, al is dié lede redelik stil op
die forum self. Dit blyk asof hulle dit verkies om e-posse direk aan Die
Bronberger te stuur. Dié gratis forum is egter daargestel as ’n diens aan die
gemeenskap, en Bronbergers word uitgenooi om ’n draai daar te maak en
kommentaar te lewer. Al wat jy hoef te doen is om te registreer en jy word
outomaties ’n lid.
Die Klipkop-gebaseerde Bronberg Aanlyn is die plek wat verantwoordelik is
vir Die Bronberger se webwerf. Ons webblad is ontwerp en word maandeliks
opgedateer en in stand gehou deur Bronberg Aanlyn se Jan Coetzee.
Meer inligting oor Bronberg Aanlyn kan verkry word by www.bronbergaanlyn.
co.za. Stuur ’n e-pos aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
, ’n faks aan 086-
660-0331 of skakel 083-460-0331. |