Leserslens Maart 2019 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Monday, 25 March 2019 05:26
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


’n Brose paardebloem (dandelion) soos vasgevang deur Laurika van der Linde


Die stof trek uit Cullinan se groot gat na ’n inkalwing in Februarie
Foto: Marie Ziervogel


Johann van der Linde het die ragfyn vlerke van ’n naaldekoker (waterjuffer) voor sy lens gekry


Veldblomme in die oopte oorkant die Sammy Marks-museum. Mariaan Kirstein het die foto geneem


Die eendjie was ’n besoeker aan die Donkerhoek-veearts waar Laurika van der Linde hom afgeneem het


Dit lyk of die gras tog groener aan die anderkant van die draad is, sê Alet Erasmus. Sy het die foto by Du Plooy Melkery geneem


Die paadjie na die kruin van die Bronberg waar die Bronnie amper 17 jaar gelede gebore is. Magdèl Schutte-Goose het die foto geneem


Die maan werp ’n soeklig op die wit wolkies bokant Onbekend
Foto: Ronell van  der Merwe


Op die kruin van die Bronberg by Zwavelpoort se Kiepersolkamp
Foto: Engela Botes


Die sonnetjie doen sy droogmaakwerk
Foto: Antoinette van Zyl


’n Sebra vind rusplek vir sy kop op ’n plaas naby Rayton
Foto: Emma Koekemoer


’n Kleurvolle kombinasie oes grasvoer in Bashewa se wêreld
Foto: Gene de Lange


Skemer op Liberty-perdeplaas langs die Boschkopteerpad
Foto: Gabriella Ingram


’n Nuwe aankomeling op ’n Welbekendplaas met die naam van T-Bone
Foto: Ronell van der Merwe


Die son sak oor Rooikoppies
Foto: Annecke Smidt


Goed gekamoefleerde gevaar lê op loer
Foto: Reuben Yssel


Anneline Grobler het dié bloukopkoggelmander in haar Cullinanse tuin afgeneem


’n Visarend in vlug oor die Bronberg-gebied
Foto: Laurika van der Linde


Teen die hitte maak ’n slim plaashond maklik ’n plan
Foto: Johann van der Linde


Laurika van der Linde het die pragkleure van dié byevreter op ’n boomtak vasgevang


Specific staan altyd te mooi vir foto’s, sê fotograaf  Mariska Viljoen van haar vriendin se perd


Die treinspoor wat deur Rayton loop
Foto: Mariska Viljoen


Pieter Strydom het dié foto van Mollie en Jossie Strydom ingestuur. “Daleen het die foto’s op
5 Maart by ons huis in Rayton geneem toe dit so lekker gereën het,” sê hy.

 

© 2019 Die/The Bronberger