Bos sleutels aan boom gekry PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 22 June 2009 15:39

Anoniem van Bashewa skryf:
Ons het een oggend in die middel van Mei ’n hele bos sleutels aan ’n boom se tak langs die pad in Bashewa gekry. Ons was haastig op pad werk toe en het die sleutels saamgevat, want ons was bang dit is daar gehang vir boewe om toegang tot ’n eiendom te verkry.

Die plek waar ons die sleutels gekry het, kan so bereik word: By die Spenmist bord draai jy links uit Garstfonteinweg-verlenging af na Biquip se kant toe. Dan is daar ’n paar meter verder aan die regterkant ’n grondpaadjie wat afdraai. Die bos sleutels het aan die derde boom aan die regterkant aan ’n tak gehang.

Dié boom is op die drie oop plotte reg langs ons. Dit is naby ’n bosbome waar daar in die verlede al probleme was. Polisie het al daar op mense geskiet en hulle het al drade en goed daar gekry wat moontlik op ’n inbraak gedui het. Inwoners kom nooit naby dié gevaarlike bosse nie.

Ons het nie die polisie gekontak oor die bos sleutels nie, want ons voel dit sal nie help nie. Maar ons sal graag die eienaar daarvan wil opspoor en dit terug besorg.

Aan die bos sleutels is daar ’n baie ou fluitjie wat sê: “Made in England” en dan nog ’n ander sleutelhouer wat sê “Trots van die Nasie” met “75” in die middel van die sleutelhouer en dan die woorde: “Vanaf 1920 – 1995.” Dit lyk soos ’n 75-jaar herdenking sleutelhouer.

As jy iets van dié bos sleutels af weet, kontak Karin by 082-362-7178.

 

© 2019 Die/The Bronberger