Ma en kleuter ernstig beseer in fratsongeluk PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 25 March 2019 05:19
Untitled Document

’n Ma en haar 18 maande oue seuntjie is ernstig beseer in ’n fratsongeluk toe haar eie motor oor hulle gery het.

Die ongeluk het op 28 Februarie omstreeks 2 nm gebeur terwyl dié twee op die grasperk by Laerskool Witpoort voor die motor vir die gesin se ander kinders gewag het om uit die skool te kom.

Volgens Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het iets met die motor se handrem fout gegaan en die motor het vorentoe beweeg. Die motor se wiele het oor die ma en kleuter gery.

Die ma en seuntjie het baie ernstige beserings opgedoen en is deur Netcare 911 gevorderde lewensondersteuning-paramedici behandel. Ná hulle gestabiliseer is, is hulle na ’n hospitaal vervoer.

Teen die Bronnie se saktyd het ons verneem dat hulle goed aansterk.

 

© 2019 Die/The Bronberger