Motorfietsryer sterf in Garsfontein PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 25 March 2019 05:18
Untitled Document

’n Een-en-twintigjarige motorfietsryer is op 10 Maart in Garsfontein dood. Die ongeluk was net ná sewe die Sondagoggend op die hoek van Hans Strjdomrylaan (Solomon Mahlangu) en Saint Bernardrylaan.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is die pasiënt op die toneel deur paramedici behandel, maar sy beserings was te erg en hy is dood verklaar.

Volgens Emer-G-Med se operasionele bestuurder, Johann Swart, is die oorsaak van die ongeluk nog nie duidelik nie, maar dit lyk of die man beheer oor sy motorfiets verloor het.

Hy sê dat die owerhede op die toneel was en dat die oorsaak van die ongeluk ondersoek word.

 

© 2019 Die/The Bronberger