Skoonmaakaksie in Moreletapark PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 25 March 2019 05:17
Untitled Document

Motoriste is op 26 Februarie begroet deur die gesig van werskaffende mense in oranje hemde op die hoek van De Villebois Mareuil- en Delmasrylaan. Die veld op dié hoek en die gebied rondom ’n vervalle winkelsentrum is ontbos en vullis is opgetel.


Ontbossing in Moreletapark

Dié reuse skoonmaakaksie was deel van AfriForum se AnkerdorpPadskou in Moreletapark. Die loodsweek van dié projek was van 25 tot 28 Februarie en daar is in verskillende dele van Pretoria ingespring met die optel van vullis in strate, die verf van padtekens en die skoonmaak en ontbossing van gebiede.

Die AnkerdorpPadskou is ’n veldtog waar hoop in verskeie dorpe in die land geskep gaan word.


Vullis is opgetel
.

Dié mense het besluit om self ’n verskil in hulle gemeenskap te maak

Heelparty selfdoenaksies word in sewe dorpe in ses provinsies aangepak sodat gemeenskappe die kans kry om self moue op te rol om hulle omgewings en dorpe beter en skoner te maak.

Aksies sal geloods word rondom omgewingsake, munisipale kwessies, gesondheids- en veiligheidsoudits, gemeenskapsveiligheid en jeugaangeleenthede.

 

© 2019 Die/The Bronberger