Tierpoort Seniors hou kermis PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 25 March 2019 05:15
Untitled Document

Diegene wat nog altyd gedink het kermis is net vir kinders sou op 6 Maart verras gewees het om die Tierpoort Seniors se entoesiastiese deelname by Amatola in Bashewa te kon beleef.

Eienares en gasvrou, Dola Geyer, het die kapel keurig voorberei vir die samekoms. Tafeltjies en stoele is in die tuine uitgepak vir deelname aan die verskeie speletjies.


Pure konsentrasie met die Tri-Ominus. Sittende: Hannetjie Bloem, Martie de Klerk en Rina Snyman. Staande: Paula Sassenberg en Gitte Theron

Gepaste yskoue kermis-gemmerbier het die besoekers as verwelkoming ingewag.

Soos gewoonlik het die koop- en-verkooptafel, met produkte deur die seniors self, groot aftrek gekry.


Dieter Laubinger en Andre Fourie in diep gesprek

Na die verwelkoming, verjaardagwense en die deel van die gemeenskap se “lief en leed” kon die seniors hulle keuses maak tussen verskeie interessante bord- en balspele. Sommige het verkies om net van die kuierhoekies gebruik te maak om ‘n hele maand se nuus op te vang.


Marietjie Alers, Vicky Meyer, Hanelie Jaume en Estelle Schneider laat die Bocce balle rol

Chris Grib geniet die kermis
.

Lekker boerekos is deur die komitee verskaf. Die spyskaart vir dié dag was bobotie met geelrys en rosyne, aangevul met geroomde kool, pampoen en tamatie-sambal.

Die afsluiting van yskoue pepermentterte was ‘n lafenis teen die middaghitte.

 

© 2019 Die/The Bronberger