Hengelaars kompeteer op droë grond PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 25 March 2019 07:13
Untitled Document

Meer as 1 500 hengelaars uit 51 lande het in Februarie in Suid-Afrika aan die Sporthengel Wêreldspele deelgeneem. Die vêrgooi-kode van dié spele is op droë grond op ‘n terrein naby die kruising van Garstfonteinweg-verlenging en die Bapsfontein-Bronkhorstspruitpad gehou.

Die vêrgooi kampioenskap is oor vier dae aangebied en elf spanne uit nege lande was die gaste van die Suid-Afrikaanse Vêrgooi Federasie.

Vier wêreldrekords het hier in die slag gebly: In die 125 g afdeling het Filippo Montepagano van Italië 280,69 meter bereik. Hy het ook die 150 g afdeling met 281,19 meter gewen. In die 100 g afdeling het Salvador Bustos van Argentinië 269,69 meter bereik. In die 125 g afdeling vir vroue het Teresa Torres van Paraguay 176,55 meter bereik.


‘n Vêrgooi-deelnemer
Foto: Verskaf

Die wêreldkampioen in die algehele afdeling was Salvador Bustos van Argentinië met ‘n gesamentlike totaal van 1092,11 meter in die vier gewigklasse waaraan hy deelgeneem het.

Spelers het in 13 verskillende kodes van die hengelsport op verskeie ander plekke in die land met mekaar gekompeteer. Behalwe vir die vêrgooi kompetisie, was daar ook swartbaars-, karp-, vlieg-, ligtegery-, boot-, spesie- en diepsee-, rots en strand-hengel.

 

© 2019 Die/The Bronberger