Koerantverkoper roer harte PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 25 March 2019 05:12
Untitled Document

‘n Selfoonvideo van ‘n koerantverkoper, Cornelia, het derduisende mense se harte geraak. Fotograaf Albert Bredenhann het dié video, wat binne een dag meer as 200 000 keer op sosiale media gekyk is, 4 uur die oggend by ‘n vulstasie in Olympus geneem.

‘n Vrolike Cornelia het vertel dat sy al 1 vm opstaan om 4 vm by die vulstasie in Olympus aan te meld vir haar koerantverkope. Sy moet voor 2 vm haar koerante by die depot in Silverton kry. Daardie oggend het sy slegs agt koerante gehad. Die vorige dag was haar inkomste R13.


‘n Skermgreep uit die selfoonvideo oor Cornelia

Die 29-jarige Cornelia het ‘n seuntjie in Laerskool Nicolaas Smit in Hercules. Sedert dié video het mense sakke klere vir Cornelia by die vulstasie afgelaai en ‘n tandarts het aangebied om haar tande te trek en vir haar valstande te gee.

Albert sê dat finansiële hulp nie noodwendig die beste manier is om ‘n behoeftige mens te help nie – kruideniersware en klere kan ‘n groot verskil maak.

Albert vra: “Ken jy die koerantverkoper op jou straathoek se naam? Ken jy sy of haar storie? Is dit nie tyd om te luister nie?”

 

© 2019 Die/The Bronberger