‘Beetboom’ is marog PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 25 March 2019 05:03
Untitled Document

Petro Lemmer van Pienaarspoort skryf:
Die “Beetboom” (Die Bronberger Vol 17 Nr 6) is Amaranthus cruentus, ‘n marog- of misbrediespesie. Hulle word gewoonlik 2,5 meter hoog en het groen of rooierige blare.

Hierdie spesie word gewoonlik gekweek vir hulle sade wat aan die bopunt van die plant gedra word, die sg graan amarante. ’n Mens kan egter die jong blare soos spinasie kook.

Hoewel dié spesie afkomstig is van Meksiko (waar die saad bekend is as Quinoa ‒ dis ook hier in ons winkels te koop) is hier meer as 20 inheemse marogspesies, soos Amaranthus hybridus om een uit te sonder. Hulle is kleiner plante waarvan die blare as ‘n spinasie (marog) benut word. Hulle groei gewoonlik as ‘onkruid’ op vullishope en langs paaie.


Die ‘Beetboom’ in die Greylings van Mooikloofrif se tuin

Amaranthus is volgens kenners baie meer voedsaam as ander blaargroentes. Die proteïen-inhoud is tussen 20 en 30 persent, die yster-inhoud tot vyf keer meer as die aanbevole daaglikse dosis, die kalsium minstens dubbel en die vitamien A-inhoud 20 keer die aanbevole daaglikse dosis (B-E van Wyk en Gericke).

Marog raak algaande meer onderbenut met die verstedeliking van die bevolking. Ek wil huil as ek langs informele woonbuurtes plantopnames maak, die dosyne uitgehongerde kinders waarneem en die geil-groeiende, onbenutte marog op die vullishope sien.

 

© 2019 Die/The Bronberger