Leserslens Februarie 2019 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 26 February 2019 06:19
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Carel Breytenbach het sy struike op Kleinfontein natgegooi toe die blare skielik lewe kry. Hy moes baie mooi kyk om te sien hoekom. Hy sê dié ou het seker gereken dit is die beste wegkruipplek vir die warm weer


Nuwe lewe op Nietever, Nooitgedacht
Foto: Henri Combrink


’n Jong kaalwangvalk duik doelgerig grondwaarts waar ’n sappige duifmaaltyd dalk op hom wag
Foto: Emma Koekemoer


Ou Wagter wag geduldig op sy stomptroon
Foto: Johann van der Linde


Hennie Bothma het dié foto met sonsondergang op Tweedracht geneem


Engela Botes het dié mooi troppie rooibokke ná ’n ewe mooi bui reën in Kiepersolkamp op Zwavelpoort afgeneem


Skemertyd op ’n plaas in die Bronberg-gebied
Foto: Johan Smidt


So ver die oog kan strek is die Boschkopvallei skoongewas ná die reën. Alet Erasmus het die foto geneem


Dié jong visvangertjie het hom in Laurika van der Linde se tuin tuisgemaak


Groen is die voerbale en omgewing van Welbekend met nog beloftes van reën
Foto: Ronell van der Merwe


Hierdie nuuskierige agie loer snags vir Bianca Steyn, wat die foto geneem het


Kordaat kraai die astrante koningrooibekkie koning oral by voerplekke in die gebied. Gene de Lange het dié foto op Bashewa geneem


Dis die pragtige kleure wat volgens Emma Koekemoer die faktor was wat haar dié foto laat neem het


Indrukwekkende wolkformasie met skemer oor Bashewa
Foto: Gene de Lange


Piet van der Merwe het ‘n reeks foto’s aangestuur van ‘n sonsondergang by Bashewa.
Hierdie is een van hulle

 

© 2019 Die/The Bronberger