Kaalvoet plaasskool kry nuwe hoof PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 26 February 2019 06:16
Untitled Document

Hennie Griessel is Laerskool Witpoort se langverwagte nuwe hoof. Hy is op 1 Februarie amptelik deur Simon Moche van die Department van Onderwys op Witpoort aangebring. Anita Botha het dié 115 jaar oue skool se leisels met trots oorhandig. 


Van links na regs: Simon Moche van die Departement van Onderwys; Hennie Griessel, die nuwe skoolhoof; en Pieter de Jager, voorsitter van die beheerliggaam
Foto’s: Laurette van der Vyver

Sanger Robbie Wessels het vir ‘n heerlike verrassing gesorg en met soveel energie gesing dat die hele saal dadelik op hulle voete was. Daar was ‘Peri Peri Hoenors’ met swaaiende arms, groot glimlagte en bly harte.


Van links na regs: Awie Bezuidenhout, vorige skoolhoof; Anita Botha, wat die leisels oorhandig het; sanger Robbie Wessels; en nuwe skoolhoof, Hennie Griessel

Lejane Coetzee op skoolhoof, Hennie Griessel, se knie in egte Witpoort-tradisie

 

Ter afsluiting van sy toespraak het Hennie Griessel sy das afgehaal en gesê dat hy nou reg is om te begin werk. Lejane Coetzee, ‘n kleuterskoolmaatjie by Kaalvoet Kleuters wat ’n bietjie hartseer was, het vir troos bo-op die nuwe skoolhoof se knie geklim en net daar was hy tuis. Na afloop van die verrigtinge het die skoolkinders elkeen ‘n kolwyntjie ontvang.


Reuben Botha en Pieter Ferreira sing uit volle bors saam met Robbie Wessels

Awie Bezuidenhout, die skool se hoof van 1996 tot 2008 het die funksie as eregas bygewoon.

Michael Combrink, geliefde skoolhoof sedert 2009, is op 22 Januarie verlede jaar ná ‘n lang stryd met kanker in die ouderdom van 57 jaar oorlede. Michael het nooit ‘n das gedra nie, en het ‘n oopdeur-beleid gehandhaaf waar van die kleinste kleuter tot graad sewes die vrymoedigheid gehad het om by sy kantoor in te stap.

 

© 2019 Die/The Bronberger