Het jy gehoor? / Have you heard? - Feb2019 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 26 February 2019 06:15
Untitled Document


In Die Bronberger se Desember-uitgawe het Tjibbe Spoelstra van Mooiplaats gevra wat van die luiperd-beeldjie op Nkwe se hekmuur geword het. Roy Scriven, plaasvoorman van Nkweplesieroord op Tierpoort, het in reaksie op dié brief gebel en gesê dat die tier gesteel is en dit moes iemand met ‘n vragmotor gewees het, omdat die tier verskriklik swaar was. Dit kon nie vir skrootmetaal gewees het nie omdat die tierbeeld van beton was en sterk vasgemaak was teen die muur. Die betonbeeld is jare gelede in Boksburg aangekoop. Die woord ‘Nkwe’ verwys na die ‘tiere’ van Tierpoort, die ou mense se benaming vir ‘n luiperd.

~*~


Die Bronkhorstspruit-studiegroep, wat ten doel het om die behoeftes van die plaaslike boerderygemeenskap aan te spreek, bied ‘n kans aan alle klein- en grootveeboere om hulle kennis te verbreed en ook veral om mekaar te help. Die volgende geleentheid is op 12 Maart wanneer dr Vlok Cilliers ‘n aanbieding hou oor alles van ooi- en lamversorging. Bel Attie du Toit (voorsitter) by 083-225-8600 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Windpomp se volgende mark is op 23 Februarie van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Dié mark word elke laaste Saterdag van die maand gehou. Besoekers kan uitsien na ‘n wye verskeidenheid kraampies met eiesoortige ware. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


Application to take part in the Gauteng International Arts festival (GauFestival) closes on
28 February. The festival, which will run from 20 September to 6 October, aims to create awareness of the arts in our community and a platform for all developing and existing artists. Submit all proposals to the GauFestival board at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Fijnwyn Bubbles en kosmark is op 21 Maart van 10 vm tot 5 nm op Tierpoort. Meer as 40 wynlandgoedere stel hulle beste vonkel- en ander wyne uit. Daar is ook deli-styl koskraampies, musiekoptredes en volop vermaak vir kinders. Toegang is R170 vir volwassenes. Kaartjies is beskikbaar by www.iTickets.co.za. Besoek www.fijnwyn.co.za of skakel 082-335-5659. Die fees is by Shokran op plot 99 Luiperdstraat, Tierpoort.

~*~


Olympus Farmers Market is held every weekend at 65 Saal Street, Zwavelpoort. This outdoor, pet-friendly market offers stalls selling different local and international products and offers family picnic facilities. It is open on Fridays from 5 pm to 10 pm and on Sundays from 10 am to 4 pm. The entrance fee is R10 and children under 10 get in free. For more information, send an e-mail to This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Cosmos Country Market se volgende mark is 23 Februarie op plot 78, Vaalbank oorkant Wet Nose Dierereddingsentrum. Die mark begin om 9 vm. Daar is eetgoed, kraampies, ‘n tee- en biertuin op groot grasperke onder koeltebome. Bespreek jou kraampie by Kat: 084-579-1803.

~*~


Die Randse Katteklub hou op 9 Maart ‘n kampioenskap katteskou vir alle katterasse van 9.30 vm tot 3 nm. Toegang is R10 vir volwassenes en R5 vir kinders onder 12 jaar oud en pensioentrekkers. Die skou is by Oewerpark Vermaaklikheidsplek in Edel Etaweg 40, Bashewa Landbouhoewes, uit met Garstfonteinweg-verlenging. Bel Karen Labuschage van die Randse Katteklub-komitee by 082-824-2132 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


‘Paws for a good cause’ is the name of dog rescue charity events held at Paws In The East at 30 A Bronberg Street, Bashewa. Take the whole family for an adventure walk, delicious burger and help Bull Terriers in need on 3 March from 8 am to 3 pm. A Staffordshire Terrier rescue walk is held on
10 March from 8 am to 3 pm. Entrance is R40 and a percentage of entrance fees and restaurant proceeds will be donated to the charity of the day. Children under 12 and dogs enter for free. Phone them at 072-171-1320.

~*~


Natuurliefhebbers hou elke laaste Donderdag van die maand ’n bospraatjie. Die praatjies het ongeveer 19 maande gelede begin toe Rian Swiegers die inisiatief geneem het om ’n kundige spreker oor die natuur te nooi om mense toe te spreek. Die volgende praatjie, ‘Ons nasionale parke en oorgrensbewaring’ deur Johan Verhoef, is op 28 Februarie om 6.30 nm by Safari Tuinsentrum Kapel, Lynnwoodweg 340, Die Wilgers. Toegang is R30. Stuur vir Rian Swiegers ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel hom by 083-226-6861.

~*~


Paul Anthony and Band is performing at Lagom Café and Theatre Bistro on 7 March from 8 pm until late. Paul is returning to Pretoria as head rugby coach at Pretoria Boys High. Tickets cost R160 to R290. Jerry and The Bandits (Jason, Kirstin and Geraint) perform there on 14 March from 8 pm. Tickets cost R140. The theatre is at 141 Lynnwood Road, Wilgers. Phone them at 083-281-7284.

~*~


A Mad Hatter Tea Party is held at Cullinan Junction shops on 16 March from 10 am. Arrive in your best-dressed hat. Entrance is R50 per person, which includes a pot of tea, sweets and cakes. Cullinan Junction is at 4 Hotel Street, Cullinan. Book at Angela, 012-734-0029, or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


The next Vegan Food Fair at Klitsgras Drumming Circle is on 10 March from 8 am to 5 pm at plot 62, Leribisi Road, Tierpoort. You can look forward to pizza, burgers, milkshakes, vinyl, vintage clothing, cosmetics, fresh produce, music, interactive entertainment for children, stalls, jewellery, heirloom vegetables, saplings, coffee and baked goods. Phone them at 083-311-0025.

~*~


Koos Kombuis tree op 15 Maart om 9 vm by Rafters op. Koos Kombuis, gebore André le Roux du Toit, het in die tagtigerjare bekend geraak as een van die Afrikaanse musikante in die Voëlvry-beweging. Kaartjies kos R120 en R80 vir studente met ‘n studentekaart. Bespreek by 082-600-3469. Rafters is op die hoek van Blesbok- en Garstfonteinweg, oorkant Mooikloof.

~*~


Tribute show creator, Jason Oosthuizen, is back with his first tribute show in 2019 – the Guns n Roses and Friends Tribute, which is held at the Rockwood Theatre on 27 February. The band line-up includes: Clint Falconer and Dean Barrett from Dan Patlansky band; Werner Bosman from Jesse Clegg; Jason Oosthuizen from Van Coke Kartel, Lost & Found and Oooth; Emile De Jong from The Narrow; and Ryan Howell from The Monroes. The theatre is at shop F92, Parkview Shopping Centre on the corner of Garstfontein Road and Netcare Street, Moreletapark. Phone them at 012-368-1555.

~*~


‘n Akwaponika-kursus word op 9 Maart van 8 vm tot 4 nm by Diamantvallei op Rhenosterfontein aangebied. Hier leer jy hoe om visse en groente in ‘n geslote, natuurlike stelsel te teel en verbou. Aanbieders Colin en Annemarie Bremner van Kleinskuur Aquaponics is as wenners in die Nisboere-reeks op televisie aangewys. Die kursus kos R1 500. Skakel 087-231-1644.

~*~


‘Hartklop 2019: Pop versus Rap’ word op 20 Maart vanaf 7 nm by Weiveld in Zwavelpoort gehou. Snotkop en Corlea sing ‘teen’ mekaar. Snotkop, Francois Henning, het sy musiekloopbaan op die ouderdom van 15 jaar begin. Corlea het op drie jaar reeds begin sing. Haar teater-debut was in 1996 by die Staatsteater in die Italiaanse opera, ‘La Boheme’. Kaartjies kos R150. Weiveld is op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkoppad, Zwavelpoort. Skakel 071-471-6698.

 

© 2019 Die/The Bronberger