Gemeenskap trek boewe vas PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 26 February 2019 06:13
Untitled Document

Willow Park Manor se gemeenskapsveiligheidsgroep het einde Januarie ‘n vermeende boef vasgetrek en aan die polisie oorhandig. Die man is met gesteelde goedere, onder andere ‘n rekenaar, in sy besit gevang.

‘n Lid van die gemeenskapsveiligheidsgroep het gesien hoe dié man en ‘n medepligtige oor ‘n muur spring. Hy het die verdagtes agtervolg en hulle uit die gebied verdryf.


Die plek waar die verdagte aangekeer en aan die polisie oorhandig is
Foto: Verskaf

Omtrent ‘n halfuur later is ‘n inbraak in Meyerspark oor die gemeenskapsradio gerapporteer.

Patrollievoertuie is uitgestuur en een voortvlugtende is vasgekeer. Die ander verdagte is steeds soek.

André Badenhorst, voorsitter van dié gebied se gemeenskapsveiligheidsgroep, sê dat groepslede se vinnige reaksie en samewerking met die polisie iets is om op trots te wees.

 

© 2019 Die/The Bronberger