Plaaswerker oor moord aangekeer. PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 18 May 2009 23:59
Untitled Document

’n ‘Ontevrede’ plaaswerker is weens die moord op Johan en Cobi van den Bosch van Mooiplaats in hegtenis geneem. Die egpaar is op Goeie Vrydag vroeg in die oggend op hulle melkplaas vermoor.

Die 25-jarige Akhona Inocent Gini is op Vrydag 8 Mei deur lede van die Boschkopse polisie in ’n plakkerskamp naby Witbank in hegtenis geneem. ’n Selfoon van die egpaar is in sy besit gekry. Volgens ’n woordvoerder van die Boschkopse polisiestasie, sers Marinda Stolz, was Gini se tasse reeds gepak om op vlug te slaan toe hy deur kapt.

Kleintjie Makoena aangekeer is. Gini het in ’n verklaring erken dat hy die Van den Bosche vermoor het. Die polisie meen dat hy ’n ‘ontevrede werker’ was en dat dit die motief vir die moorde was.

Hy het reeds twee keer in die landdroshof op Cullinan verskyn op twee aanklagte van moord en van roof met verswarende omstandighede.


Akhona Inocent Gini met sy eerste verskyning in die Cullinan landdroskantoor.
Foto: Beeld

 

© 2019 Die/The Bronberger