Vrou slaap dwarsdeur brand PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 26 February 2019 06:11
Untitled Document

‘n Vrou wat dwarsdeur ‘n huis-brand in Moreletapark geslaap het, is uiteindelik deur mense van ‘n veiligheidsmaatskappy gered.

French Jooste van Bull Security het berig dat hulle op 6 Februarie ‘n oproep van ‘n klant ontvang het om te sê dat hulle bure se huis aan die brand was. Toe hulle op die toneel aankom, het gesinslede nader gehardloop om te sê dat iemand nog binne-in die brandende huis aan die slaap was.


Brandweer en sekuriteitspersoneel op die toneel van die brand in Moreletapark
Foto: Verskaf

Reaksie-offisiere het by die huis ingegaan en gevind dat die vrou te midde van ‘n reuse rookwolk aan die slaap was. Hulle het haar uit die huis uit gehelp en begin om die vuur te blus.

Die brandweer het daarná opgedaag. Almal is gered en daar was geen beserings nie. Die gesin is vir rookinaseming behandel en die vrou wat geslaap het, is hospitaal toe geneem.

Die oorsaak van die brand was met die Bronnie se saktyd nog onbekend.

 

© 2019 Die/The Bronberger