Watter lekker leesstof PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 26 February 2019 06:07
Untitled Document

Hennie Ackermann van Centurion skryf:
Ek het julle tydskrif by Broodblik en Koffiepit op die Delmas-Springs-pad raakgeloop.

Watter lekker leesstof! Daar was stukkies oor Cullinan en ons was twee Sondae terug daar weens die artikels in die tydskrif.

Ek het nog nooit voorheen van die tydskrif geweet nie en ook nie waar ek dit kan kry nie.

Sal gaaf wees as julle my kan sê waar ons dit kan kry. Ons is in Lyttelton, Centurion.

Baie dankie vir jou belangstelling in Die Bronberger. Ons versprei in die ooste van en ten ooste van Pretoria (fokus op die landelike leefwyse) en het ongelukkig geen verspreidingspunte in Centurion nie.

Ons het ‘n intekendiens vir lesers wat buite ons verspreidingsgebied woon. Stuur gerus ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it vir die intekenvorm. Jy is ook welkom om Die Bronberger elektronies te lees by die ‘Blaai deur die Bronnie’ afdeling op ons webtuiste, www.bronberger.co.za. – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger