Verwelkom opvulling PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 26 February 2019 06:06
Untitled Document

Frikkie Schoeman van Zwavelpoort skryf:
‘Plastiek en rommel op plotpaaie platgeskraap’ deur Martie Erasmus in Januarie 2019: Martie het gesê dat “ons as gemeenskap weier”. Daar is ongelukkig niks met my of my bure as gemeenskap bespreek nie en sy kan dus nie so ’n stelling namens die gemeenskap maak nie.

Tshwane het in die laaste paar jaar aan die pad begin werk en regtig ’n baie positiewe bydrae gelewer. 

Ek het ook met Tshwane gepraat en die rommel bestaan uit grond, fyn klippies, fyn teerstukkies wat oorgebly het van ander areas waar geteer is en ja, daar is plastiek ook by, maar hulle stuur wel spanne om die plastiek op te tel om sodoende die besoedeling te voorkom. 

Die dag wat die span gestop was om verder te werk het ’n geweldige koste-implikasies vir Tshwane gehad.


Pad sonder opvulling ná reën

Pad met opvulling ná reën

Ons het in Januarie 246 mm reën in Zwavelpoort gehad en die enigste deel van die pad wat nie verspoel het nie, is waar daardie grond ingewerk was.

Ons wil graag hiermee namens die meerderheid van die gemeenskap aan Tshwane verskoning vra en dankie sê vir al hulle insette om ons paaie te verbeter en vra of hulle asseblief sal kan terugkom om ons paaie verder te verbeter en in stand te hou.

Net ’n stukkie geskiedenis oor hierdie sogenaamde Leribisi-verlenging. In 1983 het ek, Frikkie Schoeman, die pad met moeite gemaak en Jack de Wet het later ’n stuk bo teen The Hills se muur gemaak. Ons as ’n gemeenskap het op daardie stadium ook die sementstroke gegooi om beter rybane teen die bult op te hê.

Ons as gemeenskap het ook almal saamgestem en gekies aan ’n naam vir ons pad, “Giant Reed Road”, wat by die owerhede lê vir goedkeuring.

 

© 2019 Die/The Bronberger