Uiterste genot PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 26 February 2019 06:06
Untitled Document

Rita Duvenhage van Kleinfontein skryf:
Ek het nou net Januarie se uitgawe gesit en lees. ’n Mens kan sowaar nie een artikel oorslaan nie.

Wat my régtig getref het, is die lesersbrief wat Renier Meyer geskryf het: ‘Luister na die stilte’. Dit is iets wat ek vir niks sal verruil nie . . . veral hier op Kleinfontein. Stilte is mooier as musiek. Tien uit tien vir jou, Renier!

En dan die prágtige voorblad van die ‘biddende’ blouapie wat Laurika van der Linde vasgevang het op kamera. Kyk na daardie lewendige ogies. Dis ’n puik foto!

Nogmaals baie dankie vir élke uitgawe. Ek glo élkeen wat met Die Bronberger in sy of haar hande sit, ervaar uiterste genot om dit van hoek tot kant te lees.

 

© 2019 Die/The Bronberger