Nuwe bestuurspan vir Boschkop PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 18 May 2009 14:57
Untitled Document

’n Nuwe stasiekommissaris het in Mei by die Boschkopse polisiestasie begin. Hy is supt JG The Kisho wat voorheen hoof van misdaadvoorkoming by die Brooklynse polisiestasie was.

Supt The Kisho glo aan ’n oopdeur-benadering en het lede van die gemeenskap genooi om hom met hulle probleme te kom spreek.

Vier ander nuwe lede het hulle by die bestuurspan van die stasie aangesluit. Hulle is kapt Marissa Van der Merwe, hoof van ondersteuningsdienste, kapt MJ Maluleka, hoof van speurdienste, sers Marinda Stoltz, die kommunikasieamptenaar en insp Wynand van der Merwe, die hoof van Vispol. Vispol is die afkorting vir visuele polisiëring.


Supt J G The Kisho, stasiekommissaris


Insp Wynand van Der Merwe, hoof van Vispol

.

Sers Marinda Stoltz, kommunikasie- amptenaar

Kapt Marissa Van der Merwe, hoof van ondersteuningsdienste

Kapt MJ Maluleka, hoof van speurdienste

.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger