Geniet gedrukte Bronnie PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 26 February 2019 08:04
Untitled Document

Marie Hattingh van Rayton skryf:
Baie dankie vir die nuus van elke ‘nuwe uitgawe’ wat op die webblad te kry is. Dit is werklik baie goeie nuus. Veral vir die kere wat ons nie ’n Bronnie by die afleweringspunte kan bekom nie.

Ons het die enjins, masjiene, Facebook en al sulke goeters wat gedrukte media deesdae oral die skrik op die lyf jaag, maar, asseblief, daar is werklik nie nog iets so lekker as ’n Bronnie in die hand, ’n bed wat roep, rustig raak en begin lees nie.

Dan begin ek kyk: Al die adverteerders se aanbiedings eers, dan die laaste twee of drie bladsye met rate vir diere en sommer net ligte leesstof. Nou loop die water by die kant van die mond uit vir al die lekker lees wat geduldig wag.

Sjoe, nou kan ek my middag verder geniet, ek en my Bronnie. Dankie vir die regte gedrukte Bronnie.

 

© 2019 Die/The Bronberger