DC is ‘n held PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 26 February 2019 06:03
Untitled Document

Angelique Flynn van Shere skryf:
Ek was te laat vir Januarie se uitgawe, maar ek het ’n lekker storie vir julle. My dogter Chanelle en haar liefling-held, DC Roux van Kikuyu Lodge op Mooiplaats, was die Desember-vakansie in Hentiesbaai soos elke Desember. Hierdie vakansie was ’n bietjie anders as gewoonlik . . . hulle was op die regte plek op die regte tyd.  

Al die pad van die Bronberg af, moes hulle op dié dag op die plek wees waar hulle vreeslike histeriese gille hoor van ’n vrou wat deur twee mans met ’n mes aangeval word. Die vrou was op die foon met haar suster besig toe die een voor die bankie waarop sy sit verby stap en die ander een agter haar inkom en met die mes oor haar rug sny.

Hulle is met haar handsak weg ná nog ’n messteek in haar arm, terwyl sy verwoed aan haar selfoon geklou het. EMed Rescue24 en lede van die buurtwag was baie vinnig op die toneel.


DC en Chanelle

DC en my dogter is met die bakkie agter die rowers aan – daar was vier in die wegkommotor.

DC sê hy het vir seker so ses of sewe minute agter hulle aan gejaag voor ander mense besef het wat aangaan en ook saam begin jaag het. Drie voertuie het die rowers agtervolg.  

Toe hulle besef hulle is besig om die stryd te verloor, het die rowers stilgehou en vier het uitgespring en weg gehardloop. DC-hulle het drie platgetrek en hulle is deur die polisie in aanhouding geneem. 

As ’n ma moet ek sê, DC is nou sommer my held ook, want hy het my dogter veilig terug gebring na die Bronberg-gebied toe.  

‘n Berig oor DC se heldhaftigheid was in ‘Die Republikein’ van 3 Januarie – ‘Pretorianer lei rower-jaagtog op Swakop’. – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger