Leserslens Januarie 2019 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Monday, 28 January 2019 10:01
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Frankie Gomes het die storm wat nader aan Bronkhorstspruit beweeg het, bewonder


‘n Sonstraal beur deur bossies en blomme by die treinspoor wat deur Rayton loop
Foto: Myrte-lee Goose


Die wandelpad by Kimiad in Moreletapark
Foto: Deon Kruger


Die tweejarige Alethea Vermeulen van Rayton op Captain Cape by Arabesque Stoet op die Boschkoppad. Alethea se ouma is prof Cheryl McCrindle en haar ma, Sarah Jane McCrindle Vermeulen, gee lesse by die stoet
Foto: Laurika van der Linde


Dié opgeskote swaeltjie wag ietwat ongeduldig in sy nessie om gevoer te word
Foto: Laurika van der Linde


Sonsopkoms oor Grootfontein soos afgeneem deur Heidi Luise Lotze


Iets wat ’n mens nie aldag sien nie: ’n Wespe besig om sy spinnekopprooi aan te sleep
Foto: Emma Koekemoer


Gene de Lange het dié foto van ’n parmantige koningrooibekkie op Bashewa geneem


Anneline Grobler sê hulle moes langs die pad stilhou sodat die kleinkinders nader kon kennis maak met ’n verkleurmannetjie


’n Baldadige skool babers by die Rietvleidam
Foto: Emma Koekemoer


Ná die goeie reëns het Mariska van Zyl dié foto van florerende mos teen ’n boomstam afgeneem


Johan Smidt het hierdie knorrige geveerde op ’n plaas naby Rayton raakgeloop


’n Papnat tweespoorpaadjie ná ’n lekker bui reën in die landelike Bronberggebied
Foto: Laurika van der Linde


Die son kom op oor Onbekend
Foto: Ronell van der Merwe

 

© 2019 Die/The Bronberger