Die Zwavelpoorste Riverside Castle hou ‘n Somer Trou- en Gebeurtenisuitstalling op 9 en
10 Februarie. Pieter Koen open die verhoog op 9 Februarie om 6 nm. Kaartjies is te koop by: www.q2b.co.za/OnlineTickets/Index/1168?singleEvent=371. Sestig uitstallers se produkte strek van ontwerpers trourokke, -koeke en motors tot koskraampies en kraft bier vir die manne. Bruide kan by ‘n interaktiewe stasie op ‘n aanlyn besprekingstelsel kwotasies kry by al die ekspo se diensverskaffers. Groot verskaffers strek van Stretch & Décor, die borg vir die tente, en Princess Maggie’s Party Experiences gaan die kinders met prinsesse en super helde besig hou. Sunet Vermaak, stileerder by ‘Glam Guru, ‘kykNET’ en ‘Huisgenoot’, gaan ‘n praatjie lewer. Bel die ekspo koördineerder, Ramona Kruger, by 062-938-7228.
~*~
Kleinfontein se Perdepos hou ’n op 2 Februarie ‘n velduitdaging. Perderuiters word genooi om hulle perde te vat en lekker saam met die Perdepos se mense te gaan ry. Die koste is R75 ‘n perd en die wegspringtyd is 7 vm. Daar gaan vier roetes wees, ‘n 10 km-, 20 km-, 30 km- of 40 km-roete. Die geleentheid is ook oop vir bergfietsryers. Vir meer inligting Whatsapp: 083-570-2117 of e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Die Lange Tafel Opdi Spoor Aandete word op 16 Februarie vir Valentynsdag by Cullinan Junction gehou. Dit kos R350 per persoon en sluit ‘n driegang maaltyd in wat deur drie pare sjefs van drie restaurante aangebied word. Die aand begin om 6.30 nm vir 7 nm. Musikant Willie du Plessis gaan optree. Op 15 Februarie vanaf 7 nm word daar ‘n opelug fliekaand onder die sterre gehou. Vat jou eie stoel of ‘n kombers en kussing. Kos en drankies is beskikbaar. Kaartjies kos R20 vir volwassenes en kinders onder 12 kan gratis gaan fliekkyk.
Cullinan Junction is in Hotelstraat 4, Cullinan. Bespreek by Angela, 012-734-0029 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Windpomp se eerste mark van die nuwe jaar is op 26 Januarie van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Dié mark word elke laaste Saterdag van die maand gehou. Besoekers kan uitsien na ‘n wye verskeidenheid kraampies met eiesoortige ware. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.
~*~
An amphibian evening for World Wetlands Day is held on Saturday 2 February at 6 pm at the Faerie Glen Nature Reserve. Meet in front of the entrance building and take along your own refreshments and fold-up chair. The cost is R50. There will also be an invasive plant hack on Saturday
16 February at 7 am. Take your own pruning loppers, hand-saw, gloves, hat, working shoes and water. Contact Friends of the Faerie Glen Nature Reserve chairperson, Louise Kritzinger, at
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
or 072-275-0614.
~*~
Wil jy van die Eskom netwerk af wegbeweeg? Nie seker watter inligting vertrou kan word nie? ‘Verstaan, beplan en installeer jou eie sonkragstelsel’ is die naam van ‘n kursus wat op 9 Februarie van 8 vm tot 4 nm by die Kragdag-terrein op Rhenosterfontein aangebied word. Die fotovoltaïese sonkrag-ontwerp-en-installeringskursus kos R1 800 en is geskep vir mense, organisasies of klein sake-ondernemings wat basiese inligting oor die grootte, beoordeling en installering van sonkrag-stelsels benodig. Waar moontlik bevat die kursus praktiese elemente, soos die toetsing van spanning en kortsluitstroom van sonkragpanele en eksperimente met skadu en gedeeltelike skadu op panele. Die aanbieder, Carel Ballack, is al meer as 17 jaar betrokke in die energie en hernubare energie sektor. Vir meer inligting, skakel 087-231-1644 of stuur ‘n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Genesis K9 Group is offering a 12-week dog handling course, DH 1–5 (patrol, detection and tracking). The course starts on 11 February. Genesis K9 is at plot 42, Byenestpoort. Contact them at 012-732-3000 or 082-855-2393.
~*~
Die Garsfontein Mandjiedans word elke Saterdagaand van 7.30 tot 11.30 nm by die Tuks Stoeisaal in Serenestraat, Garsfontein aangebied. Enkellopendes en paartjies is welkom. Vat jou eie mandjie eet- en drinkgoed. Ys, koffie en tee word voorsien. Toegang is R100. Bel Jacoba Calitz vir enige navrae by 076-527-5720 of stuur ‘n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
‘Koeke en Terte’ is ‘n aand spesiaal vir vroue by die Rockwood-teater. Dit is op 30 Januarie om
8 nm, die tweede in ‘n reeks aande spesiaal ontwerp vir getroude asook enkellopende vrouens om hulle eie seksualiteit beter te verstaan, aanvaar en te bestuur. Die tema is ‘n maskerbal. Trek jou mooiste rok aan en sit jou masker en/of hoed op. Toegang is R150. Die teater is in Garstfonteinweg. Skakel 012-368-1555.
~*~
Stef Bos begin in Pretoria met sy nuwe vertoning, ‘Ruimte’. Dit word op 2 Februarie om 8 nm by die Atterbury-teater aangebied. Die vertoning gaan oor die ontdekking van die onbekende, in die wêreld daar buite en binne-in jouself. Kaartjies kos R180 tot R200. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.
~*~
Muddy Princess 2019 is held at Legends MX on 9 February from 7 am to 5 pm. The event is for princesses of all sizes, ages and fitness levels. Be prepared to run, walk, crawl, climb, slide, balance and laugh your way along the course for a “girls dirty day out”. Entry is R390. For more information, dial 082-413-7726 or send an e-mail to
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Legends MX is in Rhenosterfontein on the R515 when you take the Rayton/Cullinan off ramp from the N4 east highway.
~*~
Jan Blohm en sy orkes tree op 7 Februarie om 8 nm op by Lagom Kafee en teater bistro in Lynnwoodweg 141, Wilgers. Jan skryf gedigte vandat hy kan onthou. Hy was nog altyd aangetrokke tot die musiek van Chuck Berry en die ou Rock ‘n Roll pioniers. Hy het na BB King en Muddy Waters geluister en later ook na Rodriguez en Bob Dylan. Deesdae luister hy graag na Ben Harper, Stevie Ray Vaughn en ZZ Top. Plaaslik is die musiek van Anton Goosen, Piet Botha en Gian Groen nooit ver weg nie. Kaartjies kos R160 tot R290. Skakel 083-281-7284.
~*~
‘Eve’ is the name of a solo exhibition by Nonnie Roodt from 2 to 26 February at ArtBox Gallery,
86 Skilpad Road, Monument Park. Eve and seeds have always been associated with the feminine and the beginning of life. Seeds also have a rich history in the myths and stories of Greece and other cultures, such as the story of Persephone. Eve as earth mother is seen, for instance, in fertility figures such as the ‘Venus of Dolní Věstonice’ and the ‘Venus of Willendorf’. In her work, Nonnie wishes to convey the qualities of Eve and seeds by using the circle as a symbol of totality, perfection, unity and completeness. Colour, chance effects and intuitive mark-making contribute to the end result. For more information phone Etienne van Zyl: 083-384-2402.
~*~
Bok van Blerk tree op 8 Februarie op by Rafters. Bok, gebore Louis Andreas Pepler, was in Die Wilgers op hoërskool en het in 2006 bekend geword vir sy weergawe van die liedjie ‘De la Rey’, geskryf deur Sean Else en Johan Vorster. Die deure open om 7 nm en die vertoning begin om 9 nm. Kaartjies kos R140 by tafels. Staanplek-kaartjies kos R120 en R100 vir studente met ‘n studentekaart. Tafelbesprekings kan gedoen word by 082-600-3469. Rafters is op die hoek van Blesbokstraat en Garstfonteinweg-verlenging.
~*~
‘Best of Decades’ is the name of a nostalgic show held from 31 January to 31 March at Rockwood Theatre. It covers music from the 50’s when rock ‘n rollers ruled the world, to the swinging sixties, the funky disco 70’s, the ground breaking 80’s, to the 90’s and the Echo Boomers now dominating the sound beyond 2000. Enjoy classical sounds of the rock ‘n rollers such as Elvis, disco queens from the 70’s, Rock icons from the 80’s such as Def Leppard and pop stars such as Bowie and Prince to timeless new heroes such as Adele, Ed Sheeran and Justin Bieber. Show times are Thursday to Saturday at 8 pm and Sunday at 2 pm. Tickets cost R99 to R180. The theatre is in Garstfontein Road, Moreletapark. Phone them at 012-368-1555.
|