Plaasskool verower derde plek in provinsie PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 28 January 2019 09:57
Untitled Document

Laerskool Witpoort se Mach 4 span het ‘n derde plek in die finale en provinsiale rondte van die Jaguar F1 kompetisie in skole verower.

Hulle het in Desember teen 150 finaliste by Sci-Bono in Johannesburg meegeding om dié plek. Hulle prestasie is merkwaardig as ’n mens in ag neem dat daar 500 000 graad ses leerders in Gauteng is.


Die span met hulle trofeë by Sci Bono, van links na regs agter: Zed Lake en Benita Schinkel. Voor: Lalique van der Vyver en Christo Bester
Foto: Laurette van der Vyver

Die kompetisie word deur Sangari SA in samewerking met die Department van Onderwys aangebied om jong mense te motiveer om die vaardighede aan te leer wat groot maatskappye nodig het om wenmotors te ontwerp.

Formule 1 in skole sluit nie net die ontwerp van die motor en reisiesjaag in nie; daar is baie ander ingewikkelde handelinge betrokke, soos bemarking en die werf van borge, wat deur die kinders self hanteer moet word.

 

© 2019 Die/The Bronberger