Temapark wil waterbronne manipuleer PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 28 January 2019 09:50
Untitled Document

Die Zwavelpoortse treintemapark, Cedar Junction, doen aansoek vir regte om natuurlike waterbronne te manipuleer. Dit is deel van die proses om as openbare oord met toepaslike infrastruktuur asook ‘n herberg te kan hersoneer.

Op 29 November is kennis gegee dat aansoek gedoen word vir omgewingsmagtiging vir dié oord asook vir ‘n watergebruik-lisensie. Die applikant is Cedar Family Resort op die restant van gedeeltes 403 en 404 van die plaas Zwavelpoort 373JR.


Cedar Junction in Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort met die Bronberg in die agtergrond
Foto’s: Verskaf

Die watergebruik-lisensie sal nodig wees om die vloei van ‘n waterloop op te dam of te verander en om die walle, bodem, rigting of karaktertrekke van ‘n waterloop te verander.

Belanghebbende partye is uitgenooi om kommentaar te lewer op dié projek. Hulle kon binne 30 dae van die datum van die kennisgewing registreer – nie later nie as 12 Januarie vir die omgewingsimpakproses en 11 Februarie vir die Nasionale Waterwet-proses.

Inwoners kla oor die feit dat die tydperk om as belanghebbende vir die omgewingsproses te registreer grootliks in die somervakansie geval het, toe niemand by die huis was om die kennisgewing te sien en betyds te registreer nie.


’n Trapbootjie in die temapark, wat aansoek doen vir regte om natuurlike waterbronne te manipuleer

Inwoners sê dat dié treintemapark reeds ’n impak op die gebied se verkeer en die waterbronne het. Hulle vra of dié aansoek vir nog nuwe aktiwiteite is?

‘n Openbare vergadering is beplan vir 24 Januarie vanaf 6 nm op die perseel, 404 Grahamweg (Lynnwoodweg-verlenging), Zwavelpoort.

Vir meer inligting, kontak Leap Enviro. Praat met Candy Tsenase of Tinkie Kuhn by 012-344-3582 of stuur ‘n e-pos na: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

© 2019 Die/The Bronberger