Brand verwoes sewe Boschkop-huise PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 28 January 2019 09:50
Untitled Document

Sewe huishoudings het hulle besittings verloor toe ‘n brand hulle aaneengrensende grasdakwonings langs die Boschkopse Polisiestasie verwoes het. Die brand het laatmiddag op
27 Desember uitgebreek en die inwoners is tydelik by die nabygeleë Esperanza gehuisves.


Sewe aaneengrensende grasdakhuise is in die brand verwoes
Foto’s: Verskaf

Daar word vermoed dat die brand op die grasdak begin het. Die vlamme het binne ‘n oogwink versprei. Die brandweer het vinnig reageer, maar nie een van die huise kon gered word nie.


‘n Inwoner kyk verslae hoe die grasdak binne minute uitgebrand he
t

Die 18 mense kon hulle huise sonder beserings verlaat en troeteldiere is ook gered. ‘n Paar mense kon van hulle besittings uitdra, maar die meeste het net met die klere aan hulle lywe daar uitgestap.


Sommige inwoners kon van hulle besittings red, maar is haweloos gelaat

Lede van die gemeenskapsveiligheidsgroepe en die Boschkopse Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het die inwoners bygestaan en skenkings bymekaar gemaak by die Boschkopse Polisiestasie. Bel Ross van die Boschkopse GPF as jy ‘n skenking kan maak: 072-751-3795.


Laataand is die hawelose inwoners na die nabygeleë Esperanza geneem

 

© 2019 Die/The Bronberger