Plastiek en rommel op plotpaaie platgeskraap PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 28 January 2019 09:49
Untitled Document

Inwoners van Zwavelpoort en Tierpoort is woedend oor die gemors wat gebruik is om hulle grondpaaie mee reg te maak.

Vroeg in Desember is hope grond, wat deur die munisipaliteit goedgekeur is, op Leribisistraat se verlenging afgelaai. Inwoners sê dit blyk dat dié hope van rommelhope afkomstig was.


Die stootskraper skraap die hope gemors-grond in Leribisistraat se verlenging plat
Foto’s: Martie Erasmus

“Dit is met groot ontsteltenis dat ek vanmiddag by die huis gekom het en gesien het hoe daar hope grond vol plastiek op ons grondpad afgelaai is,” sê Martie Erasmus van Zwavelpoort.

“Dit moet blykbaar platgerol word, maar ek het dadelik gesê dat ons as gemeenskap weier.  Soos wat die skraper die pad skraap, warrel tjipspapiere en ander gemors in die wind en beland in die kosbare veld ter besoedeling van die natuur en diere,” sê sy.


Die platgeskraapte plastiek kan op die padoppervlak gesien word

Martie het uitgevind wie die voorman van dié projek was, maar toe sy hom probeer bel het, was sy foon af. Sy het by ‘n vriendelike Violet van die Mamelodi Munisipaliteit verneem dat die voorman op ‘n kursus was en nie beskikbaar was om enige veranderinge aan die werksopdrag te bring nie.


Gemors in die hope grond

“Ons sal graag die skoonheid van die natuur wil behou sover as wat ons kan sodat ons kinders dit as erfenis kan ontvang,” sê Martie. 

 

© 2019 Die/The Bronberger