Geraamte in put-latrine gevind PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 28 January 2019 09:49
Untitled Document

Menslike oorskot is gevind toe ‘n inwoner van die Lethabong nedersetting op Donkerhoek ‘n put-latrine gegrou het.

Hy het dele van ‘n geraamte op 3 Januarie gevind toe hy die put tot op middellyf diepte gegrou het. Daar kan nie bevestig word of die oorskot dié van ‘n man of vrou is nie.


Konstabel Morries Mbatsane van die Boschkopse Polisiestasie by die menslike oorskot
Foto: Verskaf

Polisiewoordvoerder, kaptein Michael Mbewe, sê dat ‘n forensiese span na die toneel uitgeroep is en dat ‘n geregtelike doodsondersoeksaak by die Boschkopse Polisiestasie oopgemaak is.

 

© 2019 Die/The Bronberger